AfriForum se doel is om ʼn stem vir die gemeenskap te gee. Gemeenskappe is tans toenemend onder druk, aangesien die staat in sy pligte teenoor die land misluk, wat tot swak dienslewering en onveilige woonbuurte lei. AfriForum het gevolglik besluit om plaaslike takke in gemeenskappe op te rig.

Indien jy by die werksaamhede van AfriForum wil inskakel en deel wil wees van die oplossings in jou plaaslike gemeenskap, sluit aan of stig ʼn AfriForum-tak.

Kommentaar is gesluit.